Top Gun-streke

Modelvliegtuie en helikopters het in die lug bo Capricorn Model vliegtuigklub gesweef en gewys hoe jy dié stokperdjie behoorlik kan geniet.

POLOKWANE – Saterdag was die lug bo die stad ‘n miernes van bedrywighede.

Modelvliegtuie en helikopters het in die lug bo Capricorn Model vliegtuigklub gesweef en gewys hoe jy dié stokperdjie behoorlik kan geniet.

Modelvliegtuigvlieëniers het almal vermaak met toertjies en ‘n paar toeskouers laat snak na hul asems as die modelvliegtuig so onderstebo vlieg.

Daar was kleiner modelvliegtuie, groot vliegtuie waar die modelvlieënier duidelik sigbaar was in die kajuit en selfs modelhelikopters.

Elke vlieënier het ‘n kans gekry om hulle vliegvernuf te wys.

Alhoewel die helikopters ‘n groter verskeidenheid toertjies kan doen, het Emile Hiestermann met sy Yak 55M modelvliegtuig gewys dat groot modelvliegtuie net so waaghalsig kan wees.

Later die middag is die braaivleisvure aangesteek en is daar lekker gekuier en gepraat oor die dag se pret.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
Exit mobile version