POLOKWANE – Die Capricorn Modelvliegtuigklub nooi almal om ‘n heerlike pretdag saam met hulle te kom geniet.
Die pretdag is Saterdag om 09:00 en vind by hulle perseel in Diemeerstraat plaas. Toegang is gratis, so kom en geniet die tentoonstellings, onder andere “spot-landings”, sweef kompetisie en ‘n son vlug. Musiek en braaigeriewe beloof om hierdie ‘n wonderlike familiedag te maak.
Vir meer inligting kontak Johan du Plooy by 061 106 7007.