Local sportSport

Springbokbyeenkoms wink vir dié atlete

Juliet Mailula (22) en Alex Taylor (38) is albei atlete met 'n verskil.

POLOKWANE – Juliet Mailula (22) en Alex Taylor (38) is albei atlete met ‘n verskil.

Springbokkleure is onlangs aan hulle toegeken, en daarmee saam kom die geleentheid om einde November aan die derde International Athlete Association for Persons with Down Syndrome (IAADS) se wêreldkampioenskappe deel te neem in Bloemfontein.

Juliet en Alex was leerders aan Nuwe Horisonne skool en dit is hier waar hul loopbane as atlete begin het toe hulle, eers aan voëltjiesport en later aan ander atletiekbyeenkomste deelgeneem het. Alex neem deel aan spiesgooi, diskus en gewigstoot terwyl Juliet die 800 m en 1 500 m gaan hardloop.

“Ek hou meer van diskus en gewigstoot as van spiesgooi,” vertel Alex.

Saartjie du Toit van die Polokwane Nasorgsentrum waar Alex en Juliet inwoon, vertel dat mense met Down Sindroom se voet-brûe plat is en dat hardloop later in hul lewe wel ‘n fisieke probleem word.

“Juliet se voete is nog reg, die dat sy nog kan hardloop, maar Alex sukkel en juis daarom hou hy nie baie van spiesgooi nie.” Alex, wat al voorheen in Meksiko en Rusland in atletiek meegeding en verskeie medaljes ontvang het, se die kos van hierdie lande is wat werklik geniet het.

Die opkomende byeenkoms sal Juliet se eerste besoek wees aan ‘n kampioenskap van hierdie omvang.

Die een in Bloemfontein is op ‘n veel groter skaal as wat sy ken, vertel sy.

“Die koste verbonde daaraan om hulle na Bloemfontein te stuur is baie en hulle ouers kan dit nie regtig bydra nie. Ons dink nou aan maniere om geld vir hulle bymekaar te maak,” vertel Saartjie.

Lizzy Vogel, die nasionale president van die Suid-Afrikaanse Sportassosiasie vir intellektueel gestremde persone, sê sy is verheug oor beide die atlete se prestasies.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button