Nog ‘n marathon onder die knie

DIE lede van die Potties Atletiekklub is sinoniem met fiksheid en hope deursettingsvermoë en het dit verlede naweek by die 29ste Loskopdam ultra-marathon weereens bewys.

MOKOPANE – DIE lede van die Potties Atletiekklub is sinoniem met fiksheid en hope deursettingsvermoë en het dit verlede naweek by die 29ste Loskopdam ultra-marathon weereens bewys.

Van die klublede wat aan die 50 km ultra-marathon, wat binne sewe ure voltooi moes word en binne ses ure om vir die Comrades te kwalifiseer, deelgeneem het is:

James Winch (4:21 min), Hannes Nel (4:52 min), Werner Krafft (5:28 min), Walter van Wyk (4:52min), Sarie Coetsee (5:22 min), Aubrey Baloyi (5:33 min), Liesl de Beer (5:22 min), Gert Pretorius (5:33 min), Cecilia Ferreira (5:35 min), Natalie de Vos (6:38 min), 72-jarige PC Botha (5:42 min), Estelle Geerkins en Katija Essack (5:57 min).
Die 21 km marathon is kafgedraf deur; Anrea Ferreira (2:44 min) en Jaeni Bester (2:46 min).
Van die lede is kranige stappers en het die 21 km marathon plat gestap; Gustav van der Merwe (3:35 min), Johanna Mawasha (3:34 min) en Thelma Mawasha (3:03 min).

Die Potties Atletiekklublede het hulle nie laat afsit deur die koue in die vroeë oggend ure by die wegspring van die Loskopdam ultra-marathon nie.
Walter Van Wyk en Jaeni Bester is trots op hul prestasies.
Exit mobile version