Local sportSport

Jukskei: Limpopo-spelers maak trots in Kroonstad

Twee van Limpopo se agt jukskeispanne het onlangs gewys daar niks fout is met hulle korrel nie.

POLOKWANE – Twee van Limpopo se agt jukskeispanne het onlangs gewys daar niks fout is met hulle korrel nie.

Die 75ste Suid-Afrikaanse Senior Jukskeikampioenskappe is van 6 tot 10 April in Kroonstad gehou en twee Limpopo-spanne het eerste in hulle afdelings geëindig.

Alhoewel die kampioenskappe straf was, het die Limpopo-spanne hulle beslis nie laat afskrik nie.

Die senior vrouespan, waarvan plaaslike speler Paula Kotze deel is, het ‘n eerste plek in die Pikkie Uys-afdeling verwerf en die Limpopo o/30 gemengde dubbelspan, waarvan plaaslike speler Werner Swanepoel deel is, was ook eerste in die o/30-gemengde dubbelsafdeling.

“Ons is trots op ons twee spanne met hul eerste plekke, en aan al die ander spanne, baie geluk,” het Limpopo se jukskei-organiseerder, Anton Botha opgemerk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button