Editor's choiceLocal sportSport

Staan opsy Chad, hier kom Ude

Die sewentienjarige Ude Fuchs is reeds 'n bekende jong swemmer in die stad.

POLOKWANE – Die sewentienjarige Ude Fuchs is reeds ‘n bekende jong swemmer in die stad. Die onlangse nasionale swemkampioenskappe in Maart het weereens bewys daar is min keer aan dié swemmer van formaat.

Ude het van 12 tot 16 Maart aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe, in die o/16-afdeling deelgeneem en met ses medaljes huiswaarts gekeer. Hy het drie goue medaljes verwerf: in die 100 m vlinderslag, 50 m borsslag, en 200 m individuele wisselslag (IM).

Ook verwerf hy ‘n silwer medalje in die 100 m borsslag en twee brons medaljes – in die 200 m en 50 m vlinderslagitems onderskeidelik.

Ude oefen onder die bekwame oog van plaaslike afrigter Douggie Eagar by die Eagar Aquatics Klub. Hy oefen ook tans hard vir die Senior Suid-Afrikaanse Nasionale Swemkampioenskappe wat vandeesmaand gehou word. Hier gaan hy teen top swemmers meeding, insluitende Chad le Clos en Roland Schoeman. Ude se talent is van so ‘n aard dat ‘n bekende internasionale sporthandelsmerk hom reeds borg. “Ons is baie trots op Ude en ons wens hom volle sterkte toe in dié SA’s,” het sy pa, Heinrich, gesê.

Related Articles

Back to top button