Local sportSport

Skuts se vernuf op proef gestel

DRIE van Mokopane se talentvolle skuts het verlede naweek in Florida Johannesburg aan die Suid Afrikaanse Nasionale Skole Skuttersunie se Luggeweerproewe(SANSSU) deelgeneem.

MOKOPANE – DRIE van Mokopane se talentvolle skuts het verlede naweek in Florida Johannesburg aan die Suid Afrikaanse Nasionale Skole Skuttersunie se Luggeweerproewe(SANSSU) deelgeneem.

Byna 100 top skuts van regoor die land het aan die proewe in verskillende kategorieë deelgeneem.

Zelda Genis van die Potgietersrus CVO skool het in die sporterafdeling ‘n algehele 35ste plek behaal uit 65 vurige Sporterskuts.

Twee van Hoërskool Piet Potgieter se leerders het behoorlik naam gemaak in die veerafdeling, Adriaan Steyn raap ‘n vyfde algehele plek op en Janco Meiring ‘n gesogte derde plek. Janco is gekies vir die SANSSU span wat in Londen vanaf 5 tot 18 Augustus aan die Britse junior internasionale luggeweerskietkampioenskappe gaan deelneem.

Die span bestaan uit 18 sporterskuts van verskeie provinsies waarvan Janco, twee skuts van Tzaneen en een van Polokwane, Limpopo verteenwoordig.

Die 18-jarige Janco sê, “ek was baie bly toe hulle aankondig dat ek gekies is vir die SANSSU span, ek werk al vir die afgelope ses jaar daaraan om hierdie doelwit te bereik.”

Janco het vir die eerste keer in 2009 ‘n skietoefening gaan bywoon nadat sy ma hom daarvan vertel het, en vandaar het die skietgogga hom behoorlik gebyt.

“Ek gaan nou ekstra hard oefen en my mikpunt is om slegs my beste te gee, dan sien ek natuurlik ook daarna uit om vir die eerste keer oorsee te gaan,” sê Janco.

Janco bedank sy afrigter, Willem Klemp en sy ouers Frans en Hester Meiring, vir al hulle ondersteuning.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button