Vasbyt oor die lang pad

RUITERS van Audrey’s Riding School het op 7 Maart aan die Letaba uithourit op Munnik met groot sukses deelgeneem.

MOKOPANE – RUITERS van Audrey’s Riding School het op 7 Maart aan die Letaba uithourit op Munnik met groot sukses deelgeneem.

Dr. Ferdie Bingle op Arkab Opvat en Sarie Pieters op Amira het 61km suksesvol voltooi. Estelle Benade op Pula het 81km suksesvol voltooi en vir Pula oor sy 1 00km mylpaal gery. Pula het ‘n totaal van 1 071km sonder enige diskwalifikasies op sy uithourit-boekie.
Audrey Marais op Comet het 81km suksesvol voltooi en vir Comet oor haar 2 000km mylpaal gery met geen diskwalifikasies op haar uithourit-boekie.
Die ryskool sê dankie aan die perde se versorgers, Anja Elof, Anrie Elof, Anrie van der Westhuizen en Cariska Pieters vir hulle harde werk, bystand en ondersteuning om die rit  suksesvol te maak.

Sarie Pieters en Amira het 61km voltooi.
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version