Local sportSport

Medalje-oes vir swem

DIE swemmers van die Tuks Mokopane Swemklub het die een na die ander medalje ingepalm tydens die eerste Shamu Sprint gala vir 2015.

MOKOPANE – DIE swemmers van die Tuks Mokopane Swemklub het die een na die ander medalje ingepalm tydens die eerste Shamu Sprint gala vir 2015.

Met meer as 190 swemmers van agt verskillende swemklubs het die 18 kranige swemmers van die Tuks Mokpane Swemklub behoorlik naam gemaak tydens die gala verlede Saterdag by die Unicorn Preparatory School in Tzaneen.

“Die swemmers skop die jaar op ‘n hoë noot af en met hierdie puik uitslae so vroeg in die jaar kan ek nie anders as om opgewonde te wees vir wat die res van die jaar vir ons inhou nie,” sê Awie Hattingh swemafrigter van Tuks Mokopane Swemklub.

Related Articles

 
Back to top button