Local sportSport

Swemsterre in hulle element

Die Tuks Mokopane Swemklub se top swemmers het in Desember verlede jaar in hul Limpopo-kleure alles ingesit teen die ander provinsies se beste swemmers tydens die Suid-Afrikaanse Nasionale Skoleswemkampioenskappe

MOKOPANE – VAN die Tuks Mokopane Swemklub se top swemmers het in Desember verlede jaar in hul Limpopo-kleure alles ingesit teen die ander provinsies se beste swemmers tydens die Suid-Afrikaanse Nasionale Skoleswemkampioenskappe in die Hillcrest swembad in Pretoria.

Raymond Kockott het ‘n brons medalje verower in die 100 m vlinderslag vir seuns o/14. Hy was ook sesde in die 200 m vryslag en sewende in die 50 m vryslag.

Raymond het ook saam sy spanmaats, Carel Smit, Heinrich Strydom en Ivan Beukes van Polokwane silwer medaljes ingepalm in die aflos 4 x 100 m vryslag en die aflos 4 x 50 m vryslag.

Heinrich Strydom het ‘n brons medalje in die 200 m rugslag gekry en was vierde in die 100 m rugslag en agtste in die 400 m vryslag. Morné van der Bank het vyfde geëindig in die 100 m rugslag en sesde in die 50 m en 200 m rugslag vir seuns o/ 15. Franco Botha het ‘n brons medalje gekry in die 200 m rugslag vir seuns o/12.

Die swemmers bedank Awie Hattingh vir al sy harde werk om hulle in top toestand te kry voor die kampioenskappe.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button