Gholfbaanpret vir rugbyklub

Klubrugbyondersteuners het verlede Vrydag hul gholfstokke uit die kas gehaal en 'n ronde gholf gespeel om fondse in te samel vir Noordelikes Rugbyklub.

POLOKWANE – Klubrugbyondersteuners het verlede Vrydag hul gholfstokke uit die kas gehaal en ‘n ronde gholf gespeel om fondse in te samel vir Noordelikes Rugbyklub.

Altesaam 64 spelers het afgeslaan by hierdie gholfdag by die Polokwane Gholfklub.

Gordon Milligan het op die vierde putjie die naaste aan die pen-kompetisie gewen. Duane Viljoen het dié kompetisie op die agtste putjie gewen en Riaan Piek op die 11de putjie.

Vincent Olley en Paul Grobler het elkeen ‘n prys vir die langste dryfhoue op die sewende en 18de putjie onderskeidelik gewen.

Andre Grobler, Michael Vermaak, Danie le Roux en Paul Grobler het die beste telling van die dag aangeteken met 100 punte en het dus ook die kompetisie gewen.

In tweede plek was Das Villoen, Stevan Villoen, Anton Dreyer en Werner Rademan met 93 punte. In die derde plek was Duane Viljoen, Barend Jacobs, Henso Coetzee en Liano Vievers met 83 punte.

Dirk van der Westhuizen, Stephen Deetlefs, Fransua Joubert en Bernard Stopforth het die prys vir die meeste houe gespeel gewen.

Die organiseerders van die gholfdag bedank graag hul borge: Vogel boerdery, PDC, WH Gearbox, Samco Foods, Limpopo Medical Training and Standby, BB Truck and Tractor, Kang Ultra Stop, Protea Hotel Ranch Resort, Discovery, Seawest, Goldwagen, Mercedes, Nguni Grill, Villa Maroela Lodge, Megapaints, Nashua, Fast Tools, Pietersburg Lodge, Platinum Spar, Braam Voster, Toyota, Rabe Plumbing, Aloe Sports Bar, Granite City, Izak Jansen van Vuuren en Waterberg.

Henso Coetzee slaan af op die eerste bof tydens Noordelikes Rugbyklub se gholfdag verlede Vrydag.
Duane Viljoen in aksie tydens Noordelikes Rugbyklub se gholfdag verlede Vrydag.
Gerhardt Saaiman in aksie op die setperk tydens Noordelikes Rugbyklub se gholfdag verlede Vrydag.
Walter du Plessis in aksie tydens Noordelikes Rugbyklub se gholfdag verlede Vrydag.
Barend Jacobs slaan af tydens Noordelikes Rugbyklub se gholfdag verlede Vrydag.
Exit mobile version