BJV se skietdag beplan in Bela-Bela

Die Bosveld Jagters- en Wildbewaringsvereniging (BJV) se na-seisoen skietdag word op 6 Desember aangebied in Bela-Bela deur die BJV se nasionale uitvoerende bestuur.

POLOKWANE – Die Bosveld Jagters- en Wildbewaringsvereniging (BJV) se na-seisoen skietdag word op 6 Desember aangebied in Bela-Bela deur die BJV se nasionale uitvoerende bestuur.

Die doel van die geleentheid is om BJV-lede die kans te bied om te kwalifiseer vir die Konfererasie vir jagtersverenigings in Suid-Afrika (Chasa) se interverenigingspan vir volgende jaar.

Senior- en juniorspanne sal gekies word en die BJV wil ook ‘n vrouespan saamstel.

Die bane is werklik uitdagend en sal die skuts se vetroudheid met ‘n geweer en sy trajek asook veldskiettoestande toets.

Die skietbane wissel van 50 tot 350m, en dek bosveld- en vlakte-jagtoestande.

Aktiwiteite sluit vier teikenbane en twee ghongbane in en die verste afstand sal 350m wees. Teikenbane sal van ongeveer 70m tot op 350m wees met vyf skote per teiken.

Suid-Afrikaanse jaggeweerskietteikens sal gebruik word en papierteikens sal die vlakvark (50m – 100m), springbok ( 200m -300m), rooibok (100m -200m), en blesbok (250m -350m) voorstel.

Ghongbane sal ongeveer 150m tot 350m wees met een skoot per gong.

Die kortghongbaan wissel van 150m tot 250m en die langghongbaan van ongeveer 200m tot 350m.

Slegs senterslagkalibers sal aanvaar word en die skietposisies sal staan, lê, sit, en kniel insluit. Inskrywings vir die skietdag sluit op 4 Desember en kos R150 per persoon wat op die dag betaalbaar is.

Vir meer inligting en inskrywings, kontak Rudi Myburgh by 083 229 0148 of stuur ‘n e-pos na myburghrudi@gmail.com.

Exit mobile version