Local sportSport

Stoeiers pen teenstanders vas by SA’s

Stoeiers van die Ion Baciu Stoei-akademie het die afgelope naweek in Pretoria uitgeblink tydens die Suid-Afrikaanse Jeug- en Juniorstoeikampioenskappe en met 'n rits medaljes te-ruggekeer huistoe.

POLOKWANE – Stoeiers van die Ion Baciu Stoei-akademie het die afgelope naweek in Pretoria uitgeblink tydens die Suid-Afrikaanse Jeug- en Juniorstoeikampioenskappe en met ‘n rits medaljes te-ruggekeer huistoe.

Hierdie kampioenskappe is in twee verskillende stoeistyle aangebied, Grieks-Romeins en vrystyl.

Uit die 11 medaljes wat Ion Baciu se stoeiers onder die leiding van Jan Roets ver-ower het, spog die klub met sewe goue medaljes.

 

Ion Bacui se prestasies:

• Duwalt Duvenhage, goud vir Grieks-Romeins en brons vir vrystyl.

• Steyn de Lange, goud vir Grieks-Romeins.

• Elbert Steyn, goud vir Grieks-Romeins.

• Roedie Roets, goud vir Grieks-Romeins.

• Francois Rossouw, goud vir vrystyl.

• Terry van Rensburg, goud vir vrystyl.

• Lucius van Rensburg, goud vir vrystyl.

• Frik Venter, silwer vir Grieks-Romeins en silwer vir vrystyl.

• Marais Hattingh, brons vir Grieks-Romeins en brons vir vrystyl.

Related Articles

Back to top button