Local sportSport

Jaagduiwels hou dorp se naam hoog by ren

TWEE van Bosveld Wedrenklub se lede, Jack Daniel en Louis Ruytenberg (jnr.), het die dorp se naam hoog gehou by Motorsport Suid-Afrika se 2014 nasionale kampioenskap in Pretoria.

MOKOPANE – TWEE van Bosveld Wedrenklub se lede, Jack Daniel en Louis Ruytenberg (jnr.), het Saterdag 4 Oktober, die dorp se naam hoog gehou met hul deelname aan die eerste been van Motorsport Suid-Afrika se 2014 nasionale kampioenskap in Pretoria.

Daniel het aan die Pintoklas deelgeneem. Hy lê tans in die vyf-de plek. Hy sal weer Saterdag 25 Oktober in Vereeniging agter die stuur in die finale been van die Pintoklas wees.

Ruytenberg (jnr.), wat aan die 1660 klas deelgeneem het, het ongelukkig probleme met sy motor gehad en kon nie die wedrenne voltooi nie.

Hy neem op 8 November in Pretoria deel aan hierdie klas se finale been van die kampioenskappe. Na hierdie twee laaste finale, word die bestes van die onderskeie klasse in die land aangewys.

Bosveld Wedrenklub het die twee jaers sterkte toegewens.

“Ons hoop die bestuurders en die karre hou. Baie dankie dat julle Potties se naam hoog hou. Mag goeie sportmangees seëvier en julle net jul beste gee.”

Bosveld Wedrenklub het nie van eienaars verander soos in ‘n vorige berig gestel is nie. Die klub is ‘n onafhanklike nie-winsgewende motorsportklub.

Die klub het nie ‘n eienaar nie, maar bestaan uit lede. Trevor Els Raceway bied die wedrenne in Mokopane aan en Bosveld Wedrenklub is nog steeds ‘n klub op sy eie.

Die klub sal steeds sy sport beoefen deur deel te neem op al die verskeie bane regoor die land.

Related Articles

Back to top button