Jong dansers steel harte tydens hul 1ste danskompetisie
Die jong dansstudente van Frieda se Dansskool het vroeg begin om hul dansskoene af te stof vir hul heel eerste danskompetisie.
Verlede Woensdag het die jong dansstudente van Frieda se Dansskool vroeg reeds begin om hul dansskoene af te stof en hul hare, klere en grimering reg te kry vir hul heel eerste danskompetisie.
Die dansers het by Laerskool Pietersburg-Oos se lapa bymekaargekom waar hulle eers die passies in ‘n groep gedoen het en toe individueel. Elke deelnemer het met ‘n medalje weggestap.
“Die doel van die kompetisie was om die dansertjies se selfvertroue en styl te be-vorder,” het hul dansinstruktriese, Frieda Lombaard, vertel.
“Ek is ongelooflik trots op elkeen van hierdie dansers.”
Die dansers was almal tussen die ouderdomme van drie en vyf jaar en volgens Lombaard reeds baie talentvol.
Ouers, oupas en oumas asook vriende het die geleentheid bygewoon en het hulle verkyk aan die dansers se passies, mooi kostuums, haarstyle en grimering.









