Makhado-gimnaste in Lim-span

LOUIS Trichardt Gimnastiekklub se gimnaste het verlede Saterdag aan die Limpopo-gimnastiekkampioenskappe in Centurion deelgeneem en puik prestasies behaal.

LOUIS Trichardt Gimnastiekklub se gimnaste het verlede Saterdag aan die Limpopo-gimnastiekkampioenskappe in Centurion deelgeneem en puik prestasies behaal.

Hierdie klub se lede het ‘n ryk oes van 55 medaljes gewen.

Die gimnaste wat vir die Limpopo-span gekies is, sal van 8 tot 11 Oktober aan die Suid-Afrikaanse gimnastiekkampioenskappe in Belville deelneem.

Hierdie gimnaste van die Louis Trichardt Gimnastiekklub is die afdelings-wenners van hul onderskeie afdelings in die Limpopo-kampioenskappe. Hulle is Renier Scheepers (vlak 5, 17 jaar), Cara Joubert (vlak 5, 13 jaar en jonger), Yani Steyn (vlak 6, 18 jaar en jonger) en Robyn Whitcomb (vlak 5, 18 jaar en jonger).
INLAS
Riëtte Visser.
Exit mobile version