Local sportSport

Skermklub presteer

Die Firebird Skermklub het op 6 en 7 September in Durban deelgeneem aan die KwaZulu Natal-opeskermkampioenskappe.

Die Firebird Skermklub het op 6 en 7 September in Durban deelgeneem aan die KwaZulu Natal-opeskermkampioenskappe.

Die kompetisie is by die Nelson Mandela Universiteit aangebied en het volgens Tersia Goosen, een van die Firebird-organiseerders, ‘n naweek van pret en plesier opgelewer.

“Ons het om 03:00 Vrydagoggend uit Polokwane gery in drie minibussies en ‘n bakkie. Daar was altesaam 20 ouers en skermers saam,” het sy vertel.

Sy het gesê dat die skermers se wapens om 08:00 Saterdagoggend geïnspekteer is en daarna het die kompetisie begin.

Saterdag het die mans eerste in die épée-afdeling geveg en die vroue in die fleuret-afdeling. Sondag het die mans in die fleuret-afdeling geveg en die vroue épée.

Danica Opperman het vir die eerste keer aan ‘n nasio-nale kompetisie deelgeneem in die o/15-kadette-afdeling. Sy het ‘n brons medalje verwerf in die fleuret-afdeling.

Moné McCabe het ook vir die eerste keer deelgeneem op nasionale vlak en twee silwer medaljes en een brons medalje huis toe gebring.

Die silwer was vir sy vertoning in die kadette se fleuret-afdeling asook épée en die brons was vir die o/17-fleuret-afdeling.

“Dit was ‘n wonderlike ervaring. Ek is so bly ek het gaan deelneem. Ek kan nie wag vir die Suid-Afrikaanse kampioenskappe wat in Oktober plaasvind nie,” het Danica gesê.

Volgens Tersia gaan die klub op 4 en 5 Oktober by Tukkies deelneem aan die Suid-Afrikaanse skermkampioenskappe.

Tersia en Wallace Goosen, twee van die afrigters van die Firebird Skermklub, het almal wat betrokke was om die naweek na Durban moontlik te maak bedank. Dit sluit in: LJ cc, Tuff Tint, Soutpansberg Sitrus, Bradbury’s en Volks-wagen Polokwane.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button