Local sportSport

Tegniek is Lynx se geheim

Vier lede van die Lynx Armdrukklub het verlede Saterdag aan die Suid-Afrikaanse armdruk-plasingstoernooi deelgeneem in Springs.

POLOKWANE – Vier lede van die Lynx Armdrukklub het verlede Saterdag aan die Suid-Afrikaanse armdruk-plasingstoernooi deelgeneem in Springs.

“Ons kan definitief trots wees. Die klub se lede het goed gedoen en in die top twee plekke van elke item waaraan hulle deelgeneem het geëindig. Hul tegniek was perfek,” het Danie Fourie, stigter en voorsitter van Lynx, gesê.

Ongeveer 50 armdrukkers, die top-kwalifiseerders van elke deelnemende klub, het aan die toernooi deelgeneem.

Danie het ten spyte van ‘n gewrigbesering ‘n eerste plek in die linkerarm o/95kg-kategorie en ‘n tweede plek in die regterarm-kategorie verwerf.

Hendrik Fourie het tweede plekke in beide die linkerarm en regterarm-afdelings van die ope-kategorie gewen.

Cobus Moolman het ‘n eerste plek in die beginnersklas van die regterarm-kategorie losgedruk en Rines Gouws het twee derde plekke, vir linker- en regterarm, in die junior-kategorie verwerf.

Dié armdrukkers sal ook op 20 September deelneem aan die Over the Top-armdrukuitdaging in Centurion en is reeds besig met voorbereidings vir die volgende Suid-Afrikaanse armdrukkam- pioenskappe wat in November sal plaasvind.

Related Articles

Back to top button