Kolskoot vir skiet-konings

Rudi Myburgh het die afgelope naweek puik presteer tydens die Noordwes-provinsiale .22 kleingeweerkaliberkampioenskappe.

POLOKWANE – Rudi Myburgh het die afgelope naweek puik presteer tydens die Noordwes-provinsiale .22 kleingeweerkaliberkampioenskappe.

Myburgh, Johan Potgieter, Pieter de Bruyn, Henso Coetzee, Robert Johnson, en Roelof Myburgh het Limpopo by die kampioenskappe verteenwoordig.

Ondanks die gure weer van die kouefront en onvoorspelbare wind, het hierdie skuts van Limpopo goed presteer.

Myburgh het die beste gevaar met ‘n eerste plek in die eerste wedstryd en ‘n derde plek in die tweede wedstryd het hy met ‘n algehele tweede plek in die A-afdeling weggestap.

Hy was ook die enigste skuts wat daarin kon slaag om ‘n honderd uit ‘n moontlike honderd te skiet.

Potgieter het met ‘n baie goeie tweede plek in die tweede wedstryd en ‘n algehele derde plek in die A-afdeling weggestap.

Coetzee het daarin geslaag om in die B-Afdeling ‘n algehele derde plek te kry.

Roelof Mybugh, wat nog as junior deelneem, het ‘n baie goeie 572 uit 600 in die tweede wedstryd geskiet en algeheel ‘n vierde plek in die B-afdeling behaal.

De Bruyn het in die veterane afdeling die eerste plek in die kompetisie behaal.

Skuts van Noordwes, Gauteng, Noord Gauteng, Mpumalanga en Limpopo het aan die kampioenskap deelgeneem.

Exit mobile version