Local sportSport

17 uit 20 gimnaste van Gymstars Gimnastiekklub vir Limpopo-span gekies

Gymstars Gimna-stiekklub se seunsgimnaste het uitstekend presteer tydens die Limpopo-gimnastiekkampioenskappe op Vrydag 8 Augustus en ook verskeie medaljes ingepalm.

POLOKWANE – Gymstars Gimna-stiekklub se seunsgimnaste het uitstekend presteer tydens die Limpopo-gimnastiekkampioenskappe op Vrydag 8 Augustus en ook verskeie medaljes ingepalm.

“Vir die getal gimnaste wat in die klub is, was die uitslae skitterend en ons is baie trots op elke gimnas,” het eienaar en afrigter van Gymstars, Lelanie Logtenberg, gesê.

“Uit die groep van sowat 20 gimnaste wat aan die kompetisie deelgeneem het, is net drie gim-naste nie vir die Limpopo-span ge-kies nie. Dit is regtig ‘n puik jaar vir Gymstars,” het sy bygevoeg.

Die seuns sal hierna in September aan die Noordzone-kompetisie deelneem.

Gymstars uitslae:

Algehele wenners:

• Revern Lawrence (vlak 1, 10 tot 12 jaar).

• Andrew Stopforth (vlak 1, ses tot sewe jaar).

• Marno Roos (vlak 2, sewe tot agt jaar).

• JD Roos (vlak 1, 11 tot 13 jaar).

Algehele tweedeplekke:

• Eduard de Lange (vlak 2, nege tot 10 jaar).

• Wihan Logtenberg (vlak 3, nege tot 10 jaar).

• Pieter Roos (vlak 3, 11 tot 13 jaar).

Apparaatwenners:

• Revern Lawrence wen vloer en brug (vlak 1, 10 tot 12jaar).

• Ronin Lawrence wen brug (vlak 1, ses tot sewe jaar).

• Andru de Beer wen vloer (vlak 1, ses tot sewe jaar).

• Marno Roos wen vloer ( vlak 2, sewe tot agt jaar).

• Eduard de Lange wen rekstok (vlak 2, nege tot 10 jaar).

• JD Roos wen vloer, brug, rekstok (vlak 2, 11 tot 13 jaar)

• Wihan Logtenberg wen vloer en spronge (vlak 3, nege tot 10 jaar).

• Pieter Roos wen vloer (vlak 3, 11 tot 13 jaar).

Goue medalje wenners:

• André Cronje (vlak 1, agt tot nege jaar).

• Jordan Lucas (vlak 1, ses tot sewe jaar).

• Damian Bye (vlak 1, ses tot sewe jaar).

Silwer medalje wenners:

• Adriaan Coetsee (vlak 2, nege tot 10 jaar).

• Le Roux Marais (vlak 2, nege tot 10 jaar).

• Mckay Cloete (vlak 2, nege tot 10 jaar).

• Aljay Lucas (vlak 2, nege tot 10 jaar).

Medaljewenners nie in die Limpopo-span nie:

• Christiaan Roos wen ‘n silwer medalje (vlak 1, se to sewe jaar).

• Boikanyo Hlongwane wen ‘n brons medalje (vlak 1, 10 tot 12 jaar).

• Matome Komape wen ‘n brons medalje (vlak 1, agt tot nege jaar).

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button