Skeie sing in die lug by toernooi

Die Landdros Jukskeiklub het Saterdag 'n jukskei-toernooi aangebied en 11 spanne het deelgeneem.

POLOKWANE – Die Landdros Jukskeiklub het Saterdag ‘n jukskei-toernooi aangebied en 11 spanne het deelgeneem.

Families van Polokwane en Kwa-Zulu Natal het vroegoggend reeds die skeie laat spat en kwaliteit-tyd saam spandeer terwyl hulle hul gunsteling gesinssport beoefen het.

“Vandag se spel is nie ‘n kompeterende toernooi nie. Dit gaan oor die familie en die Woord en nie oor wen en verloor nie,” het organiseerder, Anton Botha, gesê.

Dr. Des Sinclair, ‘n bekende evangelis, het saam met die deelnemers ‘n ontspannende dag van sport geniet en het ook later sy getuienis gelewer by dié toernooi.

Exit mobile version