Local sportSport

Rugbyweek skop af

Skouspelagtige rugby was aan die orde van die dag tydens die Interprovinsiale Amateurtoernooi wat Maandag en Woensdag by die Peter Mokaba Stadium aangebied is.

POLOKWANE – Skouspelagtige rugby was aan die orde van die dag tydens die Interprovinsiale Amateurtoernooi wat Maandag en Woensdag by die Peter Mokaba Stadium aangebied is.

Die toernooi het Maan-dagmiddag om 14:00 afgeskop met ‘n wedstryd tussen die Blou Bulle-uitnodigingspan en die Valke.

Dié taai wedstryd het in ‘n gelykoptelling geëindig.

Op dieselfde dag het die Luiperds ‘n oortuigende 57-13 oorwinning oor die Poemas behaal en die Blou Bulle het Laeveld Poemas met ‘n telling van 61-5 geklop.

Die kragmeting tussen die Limpopo Blou Bulle en die Leeus het die sowat 150 toeskouers op die punte van hulle stoele gehad.

Die Limpopo Blou Bulle het eerste punte aangeteken met losskakel Johan de Beer wat ‘n drie onder die pale gedruk het. Die drie is ook verdoel deur Zander Byle-veld om die telling op 7-0 te staan te bring.

Die Leeus het egter nie op hulle laat wag nie en twee drieë in gedruk en ‘n strafskop tussen die pale deurgejaag in die eerste helfte om die voortou te neem met 17-7 te neem teen halfrtyd.

Kort na die tweede helfte begin het, het De Beer weer ‘n drie gedruk wat deur Byleveld verdoel is. Die Leeus het ‘n strafskop net anderkant die halflyn afgestaan wat Byleveld tussen die pale deurgejaag het om die telling op 17-17 te staan te bring.

Die leeus het in die laaste 10 minute van die spel egter deurgebreek en nog sewe punte aangeteken om die telling op 24-17 te staan te bring.

“Ek vermoed hulle het gedink hulle gaan ons maklik wen. Ons ouens het alles gegee en hulle harte uitgespeel, maar op die ou einde van die dag was die Leeus die beter span,” het die afrigter van die Limpopo Blou Bulle, Frederick Romijn, gesê.

Die tweede been van die toernooi het gister om 14:00 afgeskop, maar uitslae was teen druktyd nog nie beskikbaar nie.

Die Interprovinsiale Amateur Toernooi se finale wedstryde vind môre (Vrydag) plaas. Die eerste uitspeelwedstryd sal om 09:00 afskop en die eindstryd sal om 14:00 begin.

Related Articles

Back to top button