Local sportSport

Limpopo-Bulle troef SWD-Arende

Die Limpopo Blou Bulle se o/19- en o/21-rugbyspanne het Saterdag by die Peter Mokaba Sportkompleks in koue en winderige toestande teen die Suidwes-distrikte se Arende uitgedraf.

POLOKWANE – Die Limpopo Blou Bulle se o/19- en o/21-rugbyspanne het Saterdag by die Peter Mokaba Sportkompleks in koue en winderige toestande teen die Suidwes-distrikte se Arende uitgedraf.

Die o/19-span van die Limpopo Blou Bulle het ‘n naelskraapoorwinning oor die Arende behaal na ‘n taai wedstryd.

In die eerste helfte was dit maar stil agter die doellyn en die Arende se Johan Steyn het dié helfte se enigste drie punte aangeteken met sy skopskoen.

In die tweede helfte het Shadward Fillies ‘n drie gedruk vir die Arende om te verseker dat sy span die voortou neem.

Limpopo het egter nie gaan lê nie en die eindtelling was 11-10 in Limpopo se guns met Ryan West wat ‘n drie gedruk het.

West en Luvo Claassen het ook elkeen ‘n strafskop tussen die pale deurgejaag.

Limpopo se o/21-span het egter die spit afgebyt en hul wedstryd teen die Arende met 20-17 verloor.

Jovan Cookson en Wolta Mtsweni het elk-een ‘n drie gedruk en Kyran Odendaal het met sy skopskoen vir Limpopo sewe punte aangeteken. Andisa Ntsila, Neceedo Pietersen, Leighton Eksteen en Fizell Fredericks het punte vir die Arende aangeteken.

Related Articles

Back to top button