Perdepret ‘n eerste hier

Daar is verlede week vir die eerste keer in Mokopane 'n perde-uithourit deur Letaba Uithouritklub op Tibani Lodge gehou.

MOKOPANE – Dié instelling het nie net vir lekker perdesport gesorg het nie, maar die deelnemers het ook ‘n naweek van kamp in die buitelug geniet.

Dié byeenkoms het vir 55 deelnemers vanuit Limpopo, Mpumalanga en Gauteng gesorg wat elkeen aan verskillende afstande kon deelneem. Ruiters kon in verskeie ouderdomsgroepe kies tussen ‘n 120 km en 80 km uithourit. Daar is ook vir die genot ‘n 40 km en 16 km pretrit gehou. Dier rutiers moes Vrydag reeds seker maak hulle perde word ingeweeg vir Saterdag se deelname.

Marietjie Botha is die 80 km uithourit liggewigwenner vir die dag gewees.

Jessica Bezuidenhout, Voorsitter van die Letaba Uithouritklub, sê: “Dit is die eerste keer wat ons ‘n uithourit in dié pragtige area hou. Ons klub van Tzaneen is deur Audrey’s Riding School genader om ‘n uithourit hier aan te bied. Die baan wat uitgelê is, is ongelooflik mooi. Dit is ‘n uiters tegniese baan en baie ruiters beskou dit nou as een van die moeilikste bane in die land.

Liela Jordaan op haar perd Telize Jamilla.

“Geen ernstige besering is gedurende die rit opgedoen nie.

“Ons het uitstekende terugvoer gehad en kan nie wag om dit weer aanstaande jaar in Maart en September aan te bied nie”.

Lirie Mellet wat ‘n eerste plek in die 120 km uithourit behaal het.

Uitslae:

• 120 km uithourit:

1. Lirie Mellet op Kasumi. Sy is ook die enigste ruiter wat dié afstand suksesvol voltooi het.

• 80 km swaargewig:

1. Audrey Marais op Armar Dawar.

• 80 km standaardgewig:

1. Japie Jonker op Heimdahl Nevada.

2. Sarie Pieters op Sabeeh Al Wahed.

3. Liela Jordaan op Telize Jamilla.

4. Schalk van der Merwe op Deo-Gratis Roi.

• 80 km liggewig:

1. Marietjie Botha op Flika.

2. Lenel van Staden op Silver Shai Al- Shamah.

• 80 km kinderruiter:

1. Hanneke Erasmus op HFF Tamaran.

• 80 km jong ruiters:

1. Anrich de Lange op Arkab Pikant.

2. Danielle Breed op Mekadesh Zunata.

Jessica bedank al die borge wat die dag moontlik gemaak het:

• Tibani Lodge (Koos Botha).

• Jenny Osborne.

• Bertus Dreyer.

• Loggie van den Heever.

lionel@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404
Exit mobile version