Daar is Saterdag, 8 September, behoorlik balle op die Kameeldoring Gholfklub se groen gras geslaan tydens die Tom Burke Boeregholfdag.
Die wenspan is die span van John Deere met spelers André Terblanche (hoofborg, Wenkem), Erhard Spies, Riaan Foord, Jaco Thornhill , Hannes van Deventer, Hano Geerkens (Tom Burke Boerevereniging) wens hul geluk, Jacques Malan (hoofborg, Starke Ayers) en Frikkie Bam.
MOKOPANE – Die dag is gehou as deel van ‘n geldinsamelingprojek om sekuriteit in die area op te skerp.
Altesaam 108 spelers het aan die vier bal alliansie ‘scramble’ dryf met ‘masker’ deelgeneem. Hano Geerkens van die Tom Burke Boerevereniging sê dit is nog nie bekend hoeveel geld ingesamel is nie, maar almal het die dag geniet.