Bosveld SportSport

Boere swaai stokke op Kameeldoring-baan

Daar is Saterdag, 8 September, behoorlik balle op die Kameeldoring Gholfklub se groen gras geslaan tydens die Tom Burke Boeregholfdag.

MOKOPANE – Die dag is gehou as deel van ‘n geldinsamelingprojek om sekuriteit in die area op te skerp.

Die span wat ‘n tweede plek verower het, is Emiele Redpath (links) en Danie Els (regs). Saam met hulle op die foto is Coeta Coetzee en Hano Geerkens van Tom Burke Boerevereniging en Monja Coetzee. Afwesig: Armand van der Linde en Coetzer Hattingh.

Altesaam 108 spelers het aan die vier bal alliansie ‘scramble’ dryf met ‘masker’ deelgeneem. Hano Geerkens van die Tom Burke Boerevereniging sê dit is nog nie bekend hoeveel geld ingesamel is nie, maar almal het die dag geniet.

Die derde plek wenners is: Deidre Bower en Koos Meyer. Coeta Coetzee en Hano Geerkens van Tom Burke Boerevereniging wens hul geluk. Saam met hulle is Monja Coetzee. Afwesig: Claassen van der Linde, Christo Willemse en Johan Scheepers.

Hy bedank al die ondersteuners en borge.

lionel@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button