Bosveld SportSport

Hengelaars trek grotes by 3-in-1 uit

Die 3-in-1 visvangkompetisie wat die naweek by Doorndraaidam gehou is, het ongelukkig nie baie vissermanne gelok nie, maar dié wat wel deelgeneem het is deur die jongklomp water in die oë geskop.

MOKOPANE – Elke deelnemer kon in al drie afdelings, karp, swartbaars of kurper inskryf of slegs in sekere afdelings.

Clifton Holland-Muter is die wenner in die kurperafdeling met dié vis wat 0,56 kg weeg.

Na die hengelaars se gespook in die water is daar ‘n prysuitdeling gehou en ook gesmul aan ‘n heerlike bord kos. Daar is geen karp oor die twee dae ingeweeg nie en dus nie ‘n wenner in dié afdeling nie.

Daniel van der Westhuizen se prys word aan hom oorhandig nadat hy die derde grootste kurper uitgetrek het. Tinus van der Westhuizen doen die oorhandiging.

Die uitslae in die swartbaarsafdeling is:

• Armand Pienaar (junior hengelaar), eerste prys vir die swaarste vis van 2,15 kg.

• Eldine Kruger (junior hengelaar), tweede prys vir sy vis van 0,81 kg.

• Louis Kruger loop met die derde prys weg vir sy vis van 0,75 kg.

Die uitslae in die kurperafdeling is:

• Clifton Holland-Muter eerste met die grootste vis van 0,56 kg.

• Marnus van der Westhuizen (junior hengelaar) tweede vir sy vis van 0,43 kg.

• Daniel van der Westhuizen (junior hengelaar) derde vir sy vis van 0,23 kg.

Marnus van der Westhuizen het tweede plek vir sy kurper opgeraap. Tinus van der Westhuizen wens hom geluk.
Eldine Kruger is aangewys as tweede plek wenner vir sy swartbaars vis. Tinus van der Westhuizen wens hom geluk.

Byns Maritz en sy meisie, Sharee Josling (organiseerders van die dag) het ‘n geskenk gekry omdat dié kompetisie moontlik die laaste een is wat hulle deel sal wees van. Hulle verhuis later vanjaar na Amerika.

Louis Kruger ontvang ‘n prys vir derde grootste swartbaars gevang. Tinus van der Westhuizen (organiseerder) doen die oorhandiging.

Hulle bedank ook die borge wat bygedra het.

lionel@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button