Bosveld SportSport

Swemmers laat die water spat

Die swemmers van Tuks Mokopane Swemklub het onlangs aan die vlak twee Suid-Afrikaanse Swemkampioenskappe in Polokwane deelgeneem

MOKOPANE – Die swemmers van Tuks Mokopane Swemklub het onlangs aan die vlak twee Suid-Afrikaanse Swemkampioenskappe in Polokwane deelgeneem terwyl die vlak drie swemmers  in Hillcrest in Pretoria in die water meegeding het.

Die uitslae van die vlak twee swemmers is as volg:

Die vlak twee swemmers, LW Lourens, Mighael Alberts, Awie Hattingh (afrigter) en Lianka du Toit is reg vir aksie in die water.

• Mighael Alberts (10) het tydens die finale in die 50 m rugslag ‘n derde plek verower, 200 m borsslag (derde plek), 50 m borsslag (vyfde plek), 100 m borsslag (vierde plek), 50 m vryslag (vierde plek), 100 m vryslag (vyfde plek), 200 m vryslag (vyfde plek), 100 m rugslag (vyfde plek), 200 m rugslag (vyfde plek), 50 m vlinderslag (vierde plek) en 200 m medley (sesde plek). Hy het ook ‘n tweede plek in die 4 x 50 m vryslag aflos, 4×100 m vryslagaflos en 4×50 m wisselslagaflos behaal.

• LW Lourens (9) het tydens die finale in die 200 m wisselslag ‘n negende plek opgeraap. Hy het ook ‘n 22ste plek in 50 m vryslag behaal, 28ste plek in die 100 m vryslag, 14de plek in die 200 m vryslag, 12de plek in die 50 m rugslag en 21ste plek in die 100 m rugslag.

• Lianka du Toit (10) het goeie tye geswem en ‘n 18de plek in die 200 m borsslag opgeraap asook ‘n 16de plek in die 200 m rugslag. Sy wen ook ‘n vyfde plek in die 4 x 50 m wisselslagaflos.

Die uitslae van die vlak drie swemmers is as volg:

Die vlak drie swemmers. Saam met hulle op die foto is Awie Hattingh (afrigter).

• Immere Botha (13) het tydens die finale in die 400 m vryslag ‘n 11de plek opgeraap, 100 m borsslag (agtste plek), 200 m borsslag (tweede plek), 100 m vlinderslag (negende plek) en 200 m wisselslag (tweede plek). Sy het ook ‘n 14de plek in 50 m borsslag behaal, ‘n vierde plek in die 4×100 m vryslagaflos en ‘n vyfde plek in die 4x 50 m vryslag aflos.

• Ruben Glover (14) het tydens die finale in die 400 m vryslag ‘n vyfde plek behaal, 50 m rugslag (agtste plek), 100 m rugslag (negende plek), 200 m rugslag (vyfde plek), 200 m borsslag (vierde plek) en in die 200 m wisselslag (sesde plek). Hy het ook ‘n 13de plek in die 200 m vryslag behaal, 14de plek in die 50 m borsslag en ‘n vyfde plek in die 4×50 m wisselslagaflos.

• Ruard Nel (13) het tydens die finale in die 400 m vryslag item ‘n 13de plek behaal en hy het ook ‘n 19de plek in die 200 m wisselslag behaal.

• Bernice Laboff (14) het tydens die finale in die 100 m vlinderslag ‘n negende plek behaal en sy het ook ‘n 12de plek in die 100 m borsslag behaal en ‘n 14de plek in die 50 m borsslag. Sy het ook ‘n sesde plek in die 4×100 m vryslagaflos behaal.

• Pietie Vogel (14) het tydens die finale in die 50 m borsslag ‘n vyfde plek behaal, 100 m borsslag (sesde plek), 200 m borsslag (derde plek) en in die 200 m rugslag (negende plek).

• Johann Neethling (17) het goeie tye geswem en ‘n vyfde plek in die 4×50 m wisselslagaflos behaal.

• Karla Vogel (11) behaal 13de plek in die 50 m borsslag asook in die 200 m rugslag. Sy behaal ook ‘n vierde plek in die 4×100 m vryslagaflos.

• Carlia Nel (11) het haar swemtye in al die items verbeter en behaal ‘n 13de plek in die 50 m rugslag.

• Jacobus Botha (11) het tydens die finale in die 400 m vryslag ‘n 13de plek behaal asook in die 100 m vlinderslag (10de plek).

lionel@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button