Bosveld SportSport

Swemmers laat water spat

Tuks Mokopane Swemklub se top jong swemmers het op 26 Augustus aan die Shamu Sprint gala in Hoërskool Ben Vorster in Tzaneen se swembad deelgeneem en nie teleurgestel nie.

MOKOPANE – Afrigter Awie Hattingh is in sy skik met die prestasies en medaljes wat gewen is.

Die swemmers wat in die water hul slag gewys het was Lianie Pietersen, Marnus Truter, Janco le Roux, Micke Prinsloo, Jaydon Mostert, Johan Krafft, Carmi Schoeman, Jacobus Botha, Immere Botha, Ruard Nel, Bernice Laboff, Petri Grobler, Dian Vogel, Carlia Nel, Jeska Tiersma, Stephen le Roux, Mieke Bekker, Omogolo Bafodile en Zanè Neethling.

Medaljes ontvang:

Lianie Pietersen (5): Vewerf goud in die 25 m rugslag, borsslag en vryslag.

Marnus Truter (6): Behaal goud in die 25 m vlinderslag, rugslag, 100 m wisselslag, 25 m borsslag en vryslag.

Janco le Roux (6): 25 Behaal silwer in die 25 m vlinderslag, rugslag, 100 m wisselslag, 25 m borsslag en 25 m vryslag.

Micke Prinsloo (7): Verower silwer in die 25 m vlinderslag, rugslag en borsslag.

Jaydon Mostert (7): Verwerf goud in die 25 m rugslag, silwer in die 25 m vlinderslag en borsslag en brons in die 100 m wisselslag.

Johan Krafft (7): Sit silwer medaljes om sy nek in die 25 m vlinderslag, rugslag en vryslag en ‘n brons in die 25 m borsslag.

Carmi Schoeman (9): Goud in die 50 m rugslag, wisselslag en borsslag, silwer in die 50 m vlinderslag en brons in die 50 m vryslag.

Jacobus Botha (10): Verower goud in die 50 m vlinderslag, rugslag, vryslag en wisselslag, asook brons in die 50 m borsslag.

Immeré Botha (12): Palm goud in in die 200 m wisselslag, 50 m borsslag en silwer in die 50 m vryslag, asook brons in die 50 m rugslag.

Ruard Nel (12): Behaal goud in die 50 m vlinderslag, rugslag, wisselslag, vryslag en silwer in die 50 borsslag.

Bernice Laboff (14): Spog met goud in die 50 m vlinderslag, 200 m wisselslag, 50 m borsslag, 50 m vryslag en silwer in die 50 m rugsslag.

redakteur.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button