Bosveld SportSport

Tuks se swemmers palm ryk medalje-oes in

Tuks Mokopane se swemmers het verlede Saterdag aan die Tuks Sprint gala in Bela-Bela deelgeneem

MOKOPANE – Die swemmers het talle medaljes verower.

Die swemmers wat medaljes gewen het, is:

Marnus Truter (6) wen ‘n brons medalje in die 25m borsslag en die 25 m vlinderslag.

Marlo van der Walt (6) verower ‘n silwer medalje in die 25 m borsslag.

Carla Dannhauser (7) kry ‘n goue medalje in die 25 m rugslag en ‘n brons medalje in die 25 m vlinderslag.

Stephanie Dannhauser (7) wen ‘n brons medalje in die 25 m rugslag, ‘n silwer in die 25 m borsslag, ‘n silwer in die 100 m wisselslag en ‘n silwer in die 25 m vryslag.

Keanke Nel (7) verower brons medaljes in die 25 m borsslag en in die 25 m vryslag.

Johan Krafft (7) wen goud in die 25 m rugslag, brons in die 25 m vryslag en wisselslag en silwer in die 25 m vlinderslag.

Petri Grobler (7) kry ‘n brons medalje in die 25 m rugslag.

Zanè Neethling (8) wen ‘n silwer medalje in die 100 m rugslag.

Henro van der Walt (8) behaal ‘n silwer in die 50 m rugslag en in die borsslag en ‘n brons medalje in die 200 m wisselslag.

Dian Vogel (8) verower ‘n n silwer medalje in die 100 m borsslag en ‘n brons medalje in die 50 m borsslag.

Lianka du Toit (9) kry goud in die 50 m rugslag en 100 m borsslag, silwer in die 50 m borsslag en brons in die 200 m wisselslag.

Carmi Schoeman (9) wen silwer medaljes in die 100 m rugslag, 50 m vlinderslag, 200 m wisselslag en brons in die 50 m rugslag, 50 m borsslag en 50 m vryslag.

Mighael Alberts (9) wen goud in die 50 m rugslag, 50 m borsslag, 50 m vryslag en 100 m rugslag. Hy kry silwer in die 200 m wisselslag en 50 m vlinderslag.

LW Lourens (9) verower brons medaljes in die 50 m rugslag, 200 m wisselslag, 50 m vlinderslag, 100 m rugslag en 50 m vryslag.

Willem Neethling (9) kry ‘n silwer medalje in die 100 m borsslag.

Karla Vogel (11) wen ‘n silwer medalje in die 100 m borsslag en brons medaljes in die 50 m rugslag, 50 m borsslag en 100 m rugslag.

Carlia Nel (11) wen ‘n brons medalje in die 200 m wisselslag.

Megan Wolvaardt (12) wen goud in die 50 m rugslag en borsslag, asook goud in die 50 m vlinderslag 50 m vryslag en 100 m borsslag. Sy kry silwer in die 200 wisselslag, 100 m vlinderslag en 100 m rugslag

Jeska Tiersma (12) wen ‘n brons medalje in die 50 m borsslag.

Ruard Nel (12) verower goud in die 200 m wisselslag en silwer in die 50 m vryslag. Hy kry brons medaljes in die 50 m rugslag en 50 m vlinderslag.

Ruben Glover (13) behaal goud in die 50 m rugslag 200m wisselslag, 100 m rugslag en silwer in die 100 m vlinderslag en 50 m vryslag. Hy kry ook brons medaljes in die 50 m borsslag, 50 m vlinderslag en 100 m borsslag.

Pieter Vogel (14) behaal ‘n silwer in die 50 m borsslag en brons medaljes in die 50 m rugslag, 200 m wisselslag en 100 m rugslag.

Mornè van der Bank (18) wen ‘n goud in die 50 m borsslag en 100 m borsslag en silwer in die 50 m rugslag, 200 m wisselslag, 50 m vlinderslag en 100 m rugslag. Hy kry ‘n brons medalje in die 50 m vryslag.

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button