Bosveld SportSport

Kwaliteit skermkuns

Perfekte koördinasie, balans, vinnige reaksie en fiksheid is slegs 'n paar van die vereistes waaroor 'n skermer moet beskik om die uiters moeilike sportsoort te kan beoefen.

MOKOPANE –  Die skermers van die Eresabelklub in Mokopane het verlede Saterdag tydens die Limpopo Geslote Skermkompetisie net weereens bewys dat hulle dié vereistes bemeester het deur spogprestasies te beklink.

Die Eresabelklub was die gasheer van die kompetisie en skermers het sake op die baan in die onderskeie kategorieë uitgespook. Nie net het die skermers meegeding vir die kans om met die louere weg te stap nie, maar ook om hulle provinsiale klere te verwerf.

Die gesoute skermer, Andrew Howitt het in die senior floret- en degen-afdeling goud verower en Eben Wagner en Emile Sinclair het brons in die senior floret-afdeling behaal.

Andrew spog al met ‘n hele string prestasies waarvan hy ondermeer die land al sewe keer internasionaal verteenwoordig het en hy het al sy junior en senior nasionaleklere verwerf. Andrew is nou die afrigter by beide die Eresabelklub in Mokopane en die Fire Birdskermklub in Polokwane.

Hy vertel hy het spesiaal die tye aangepas sodat meer inwoners hulle vernuf op die baan kan kom toets. Hulle oefen Maandae van 16:00 tot 19:00 en Woensdae van 16:00 tot 18:00 in die N.G. Oos Kerk in Thabo Mbekirylaan. Vir meer inligting kan lesers Andrew by 072 997 8585 kontak.

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

Related Articles

Back to top button