Bosveld SportSport

Gees en glorie op gholfbaan

Die Potgietersrus Rugbyklub en Kameeldoring 92 Tafelronde se gholfdag het verlede Saterdag 83 spelers na die Kameeldoring Gholfklub getrek.

MOKOPANE – Die dag het vir kookwateraksie gesorg en dit was naelskraap of Antony Hawken het met ‘n splinternuwe Datsun Go weggestap, nadat hy amper ‘n kolhou geslaan het.

Nadat die spelers behoorlik sake op die gholfbaan uitgespook het, het Boeta Smit en Tony Hawken ‘n eerste plek met 56 punte beklink, met die ma en seunspan, Erika en Lourens van Dyk kort op hul hakke in tweede plek met 55 punte. Leon van den Berg en Thys Kruger het ‘n derde plek met 54 punte behaal.

Die volgende spelers het ‘n prys vir naaste aan die pen verwerf: Hendrik Coetzee (putjie 17) en Henry Herman (putjie agt). John Davies het die prys vir die langste dryfhou losgeslaan.

Nadat die spelers mekaar op die gholfbaan uitgedaag het, het die dag op ‘n hoogtepunt, op Hoërskool Piet Potgieter se rugbyveld, met ‘n optrede van die bekende kunstenaar Marno van der Merwe en Jonathan van Radio Raps afgesluit.

Die Potties Rugbyklub en die lede van die Tafelronde bedank al die borge, spelers en inwoners wat die dag ondersteun het.

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

Related Articles

Back to top button