Piet Potgieter is swemwenners maaak geskiedenis

Hoërskool Piet Potgieter se leerders het vir die negende agtereenvolgende jaar die interhoër-swemtrofee verower.

MOKOPANE – Die swemmers van ses top skole het Dinsdag in Hoërskool Warmbad se swembad vir die gesogte trofee geswoeg en gesweet.

Rekordtye was nagejaag en die o/16 seunsaflosspan glimlag breed nadat hulle twee rekords in onderskeidelik die wissel- en vryslag kon verbeter.

HPP se seuns- en meisiesaflosspanne het met die trofee vir beste aflosspanne uit die stryd getree. Die organiseerders van Piet Pot se swemspan, André en Mariette Grové, bars van trots en sien uit om volgende jaar saam met die swemsterre die trofee vir die tiende keer op te raap.

Teen die tyd wat Bosveld drukkers toe is, is die puntetellings en tye nog nie amptelik bekend gemaak nie.

Top drie plekke is soos volg:

Meisies:

1ste – Hoërskool Piet Potgieter

2de – Hoërskool Ben Viljoen (Groblersdal)

3de – Hoërskool Warmbad

Seuns:

1ste – Hoërskool Piet Potgieter

2de – Hoërskool Ellisras

3de – Hoërskool Ben Viljoen (Groblersdal)

Totaal:

1ste – Hoërskool Piet Potgieter

2de – Hoërskool Ben Viljoen (Groblersdal)

3de – Hoërskool Ellisras

Exit mobile version