Gimnaste lewer ‘n ryk medalje-oes

Die talentvolle gimnaste van die Swartwater Gimnastiekklub het tot dusver 'n soete seisoen en spog met 'n ryk medalje-oes.

MOKOPANE – Altesaam 19 gimnaste het op 12 en 13 Augustus hulle slag in die onderskeie vlak een tot drie afdelings tydens die Limpopo Kampioenskappe in Polokwane gewys en 18 van die gimnaste is vir die Limpopospan verkies. Hulle het 17 goue medaljes en twee silwer medaljes ingeryg.

Die klub se vaardige trio het op 20 Augustus aan die artistiese kompetisie in Thabazimbi deelgeneem en al drie het vir hulle ‘n plek in die span bespreek wat in Oktober aan die SA Gimnastiek Spele in Kaapstad gaan deelneem. Die klub se lede het weer hulle staal op 26 en 27 Augustus in Kemptonpark tydens die Noordsonekompetisie getoets en 14 goue, twee silwer en een brons medalje verower.

“Ons is tans die derde grootste klub in Limpopo en ons groei teen ‘n reuse spoed.

“Ons is oortuig daarvan dat ons nog talle spogprestasies gaan oplewer,” sê die trotse afrigters, Yolandé Vos en Melissa Gouws.

 

Exit mobile version