Bosveld SportSport

Talle jukskeispelers haal uit en wys

Driespeltoernooi: die volgende spanne met die louere in die onderskeie afdelings weggestap.

MOKOPANE – Altesaam 93 jukskeispelers van regoor die land het verlede Saterdag byeengekom vir die Driespeltoernooi wat deur die Tarentale Jukskeiklub van Mokopane aangebied is.

DiƩ immergewilde toernooi word jaarliks onder leiding van De Graaf Genis van die Tarentaleklub aangebied en dit trek gehaltespelers van heinde en ver.

Na ‘n strawwe kompetisie het die volgende spanne met die louere in die onderskeie afdelings weggestap.

In die A-afdeling het 12 spanne meegeding vir die gesogte prys: Die REDS-span van Pretoria het koning gekraai, met die Raap en Skraap-span, waarvan Jan Opperman van Mokopane ‘n lid is, het ‘n tweede plek opgeraap en die AL 3-span van Johannesburg het ‘n derde plek behaal.

In die B-afdeling het 11-spanne kragte gemeet en die ADAM-span van Johannesburg het ‘n eerste plek verwerf, met die Tarentaleklub in die tweede plek en die D.A.D-span van Johannesburg in die derde plek.

Altesaam agt spanne het in die C-afdeling meegeding en die Tarentaleklub het as wenners uit die stryd getree, met die spelers van die Nylstroomklub (Modimolle) kort op hul hakke in tweede plek en die spelers van Thabazimbiklub in die derde plek. Die Tarentaleklub bedank al die borge vir hulle ondersteuning.

Die Jukskei-gogga het die laaste tyd ‘n menigte inwoners behoorlik gebyt en die geesdriftiges nooi alle belangstellendes uit om hulle jukskeivernuf op Donderdae om 17:00 by die klub langs die rolbalbane op die proef te kom stel.

Vir meer inligting, kontak Dalene Smit by 082 444 7784.

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button