Bosveld SportSport

Jong skuts deur na SA-kampioenskappe

Altesaam 24 skuts van sewe skole in Limpopo het verlede Saterdag in Tzaneen aan die Limpopo Kampioenskappe deelgeneem.

MOKOPANE –

In die Sporterafdeling het Zelda Genis van die Potgietersrus CVO-Skool Potgietersrus ‘n eerste plek behaal in die drie verskillende posisies waarin geskiet is. Sy was ook die groottotaal wenner in die o/21 Sporterafdeling en het ‘n tweede plek verower in die 10 m staanposisie.

Jolene de Beer van HPP het ‘n derde plek in dieselfde ouderdomsgroep in die Sporterafdeling verwerf en Adrian Hurn het ‘n sesde plek in die o/14 Sporterafdeling losgeskiet. Zelda en Jolene het aan die einde van die kampioenskappe hulle Limpopkleure verwerf en gaan dus van 2 tot 6 Oktober aan die Suid-Afrikaanse Skietkampioenskappe in Hartbeespoort deelneem.

redakteur.bosvelder@nmgroup.co.za

Related Articles

Back to top button