Bosveld SportSport

Gimnaste spog met skitterprestasies in Lim kompetisie

Gimnaste van Marshall Gymnastics Academy (MGA) het die volgende prestasies verwerf:

MOKOPANE –  Gimnaste van Marshall Gymnastics Academy (MGA) het Saterdag saam met die top gimnaste in Limpopo hulle staal in die Vlak 1 – 3 Artistiese Limpopo Kompetisie getoets en ‘n string medaljes ingeryg.

Die volgende prestasies is verwerf: Jénnezee Vermeulen (vlak 3) het ‘n gesogte silwer gemiddeld opgeraap en haar Limpopo kleure behaal. Juan van Staden (vlak 1), brons gemiddeld, Darren Foss (vlak 1), brons gemiddeld, Jayden Enslin (vlak 1), silwer gemiddeld, Basson Wolmarans (vlak 2), brons gemiddeld en Keanu Potgieter (vlak 2), het silwer gemiddeld verwerf.

Die afrigters van MGA sê hulle is baie trots op die gimnaste se skitterprestasies.

Related Articles

Back to top button