Bosveld SportSport

Karatekas wys vernuf

Die karatekas van die Kimura Shukokai Karateklub het onlangs in Groblersdal gewys wat in hulle steek en hulle graderings met groot sukses voltooi.

MOKOPANE –  Dié karatekas spog nou met ‘n splinternuwe ‘kyu’ (gordel).

Die studente word van dag een af deur hulle sensei (leermeester) gemonitor. Elke karateka se vordering word streng gemeet volgens hulle vermoë om voortdurend die basiese tegnieke te verbeter. Sodra ‘n student ‘n spesifieke vlak van prestasie bereik, neem hulle deel aan gradering. Wanneer die gradering suksesvol voltooi is, word ‘n nuwe ‘kyu’ (gordel) aan hulle toegeken.

Sensei Nalita Gouveia sê: “Die karatekas het almal baie hard gewerk in elkeen se gradering en die resultate was duidelik sigbaar in die vordering na hulle nuwe kyu.

Ek is baie trots op elkeen se spogprestasie.”

Related Articles

Back to top button