Kerklidmate trap langpad vir kinderhuis

'n Groep ywerige fietsryers het dou voor dag  (2 Julie)  by die NG Hulp en Hoop Gemeenskapskerk weggespring om geld in te samel vir die Abraham Kriel Kinderhuis op Modimolle.

MOKOPANE – Die 18 ryers van die Midas Mokopane Fietstoer gaan sowat 330 km oor drie dae voltooi. Die toer eindig by die Groblersbrug. Ds. Jacques Erasmus  sê die geld sal na Huis Boekenhout van die kinderhuis gaan waar verbeteringe aangebring sal word en ook voorsien sal word in die inwoners se daaglikse behoeftes.

Die volgende inwoners het die langtrap aangepak wat in aflosse gery word: Klasie en Ina Le Roux, Bismark Olivier, Riaan, Rhetha en Kirsten en Jessica Eastes, Shani Pieterse en Henk du Plessis, Emile en Sanel en John- William Honiball, Carel en Doret Taljaard, Johan en Carmen Schoeman, ds. Chris Harris en ds. Jacques Erasmus.

redakteur.bosvelder@nmgroup.co.za

Exit mobile version