Bosveld SportSport

Boere swaai ysters

Altesaam 28 spanne, bestaande uit vier spelers elk, het verlede Donderdag tydens die Nyl Boerevereniginggholfdag kragte gemeet vir 'n kans om met die louere weg te stap.

MOKOPANE – Die eerste bal is om 10:00 afgeslaan en vandaar het die strawwe kompetisie tussen 112 spelers op die Kameeldoring gholfbaan begin.

Altesaam 28 spanne, bestaande uit vier spelers elk, het verlede Donderdag tydens die Nyl Boerevereniginggholfdag kragte gemeet vir ‘n kans om met die louere weg te stap.

Die Caltex The Ranch-span, bestaande uit Jan de Beer, Jackie van Wyk, Boeta Smit en Tony Hawken, het ‘n eerste plek met 99 punte behaal met die Bosveld Elektriesspan, Wynand Welgemoed, SW Bruwer, Schalk Bruwer en Gerrit Fouché, kort op hulle hakke met 96 punte.

Die Garrunspan bestaande uit Hendrik de Swardt, Frikkie van der Wath, Cameron Nesmith en Martin Prinsloo het met 96 punte ‘n derde plek losgeslaan.

Die volgende spelers het ‘n prys vir naaste aan die pen opgeraap: Morné Scherman (putjie 3), Jackie van Wyk (putjie 6), Nico Myburgh (putjie 8) en SW Bruwer (putjie 17).

Die Nyl Boerevereniging bedank al die borge en spelers vir hulle ondersteuning.

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

Related Articles

Back to top button