Gholfspelers kap dit uit

Hoërskool Piet Potgieter (HPP) se immergewilde Langnaggholfdag is verlede Vrydag op die Kameeldoringgholfbaan gehou.

MOKOPANE – Altesaam 24 spanne bestaande uit vier spelers elk het mekaar behoorlik die stryd aangesê in ‘n poging om ‘n prys op te raap terwyl oud-leerders van HPP van sover terug as 1974 meegeding het vir die gesogte Jas Hansen-wisseltrofee.

Die span bestaande uit Bennett van der Gryp, Spencer Claasens, Frikkie van der Wath en Thys Kruger het koning gekraai met ‘n telling van 119 punte met Johan van Staden, Rouan Venter, Manie van der Nest en Freddie van Wyk as naaswenners met 115 punte.

Die span bestaande uit Derek Jordaan, Janadré Jordaan, Francois Duvenhage en Stanley Blount was kort op hul hakke met 112 punte.

Pryse vir naaste aan die pen is toegeken aan Marco de Villiers (derde putjie), Cameron Nesmith (sesde putjie), Erika van Dyk (agtste putjie) en Bennett van der Gryp (17de putjie).

Die alma-maters van 1995, Johan van Staden, Rouan Venter, Manie van der Nest en Freddie van Wyk het met die Jas Hansen-wisseltrofee weggestap.

Die skool bedank die volgende borge vir hulle bydrae tot die gholfdag se sukses: Arons Hardware, NTT Automark, Ceprotech, Net die Beste Slaghuis, Debtsafe Obaro, Doen dit met Rian, PJP Sekuriteit, Elmar Motors, Rainbow Drankwinkel, Fruit & Veg City, Rainbow Slaghuis, Garrun Boere Makelaars, Romans Pizza, George Mc Nicol, Shonalanga Milling, HerOks Elektries, Specsavers ,Komatsu Spraynet, Limpopo Kombuise, Thermo Radiators, Meat City, Morpiet, Tony’s Cash & Carry, Wimpy, NTK, Powerbake en Zebediela Bricks.

 

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

Exit mobile version