Bosveld SportSport

HPP-hokkie seëvier

Die eerstehokkiespan van Hoërskool Piet Potgieter (HPP) het verlede Saterdag op hul tuisveld gewys hulle skrik nie vir groter skole of sterk spanne nie.

MOKOPANE – Die spelers vorm vanjaar ‘n gedugte span en het in ‘n tawwe wedstryd met 1-0 teen Hoërskool Frikkie Meyer gewen met Megan Bruwer wat as HPP se speler van die wedstryd aangewys is. Die o/16-span het 3-1 gewen en die o/14A-span wen met 2-0.

Die rugby het vir gemengde uitslae gesorg met die eerstespan wat homself ‘n loesing op die lyf geloop het. Die eerste helfde het die spelers skitterrugby gespeel met ‘n oorwinning in sig, maar met die aanbreek van die tweede helfde is daar te veel foute gemaak. Teen die einde van die wedstryd het die spelers hul konsentrasie en spelpatroon herwin, maar dit was te laat om die groot agterstand in te haal.

Die eindtelling was 39-25 in die Frikkies se guns met Abrie van der Merwe wat as HPP se Speler van die Wedstryd aangewys is.

HPP se o/14- en o/16-span spog met goeie oorwinnings. Die o/14’s wen met 14-5 en die o/16’s met 14-7. Die o/15B-span het ook met 22-0 koning gekraai.

Komende Saterdag kom die spanne in ‘n ligawedstryd teen Hoërskool Ben Viljoen van Groblersdal te staan en dit is ‘n maak of breek vir HPP se eersterugbyspan. Bosveld hou styf duim vas vir al die spanne.

redakteur.bosvelder@nmgroup.co.za

Related Articles

Back to top button