Bosveld SportSport

Puik prestasies by SA’s

Die volgende Hoërskool Piet Potgieter en Hoërskool Hans Strjidom atlete het 'n plek in die top 10 verwerf:

MOKOPANE – Altesaam vyf van HPP en twee van Hoërskool Hans Strjidom se atlete het dié skole op nasionale vlak tydens die Suid-Afrikaanse (SA) Skole Atletiekkampioenskappe in Bloemfontein verteenwoordig en puik prestasies behaal.

Die volgende Hoërskool Piet Potgieter en Hoërskool Hans Strjidom atlete het ‘n plek in die top 10 verwerf:

• Peter Tau (HPP) het in die 800 m vir seuns o/19 met ‘n tyd van 1:52:49 sekondes ‘n brons medalje losgeslaan.

• Pontsho Ngobeni (HPP) het ‘n agtste plek in die 3 000 m vir seuns o/19 met ‘n tyd van 9:43:81 sekondes behaal.

• Marine Visser (Hoërskool Hans Strijdom) spog met ‘n agtste plek in die spiesgooi vir meisies o/17 met ‘n afstand van 39,34 m.

• Sello Nyawene (HPP) het ‘n negende plek in die 1500 m vir seuns o/19 met ‘n tyd van 4:11:34 sekondes ingepalm.

• Luzaan Taljaard (HPP) het ‘n 10de plek in die gewigstoot vir meisies o/17 met ‘n afstand van 12,46 m verwerf.

• Michael Pauer (Hoërskool Hans Strijdom) het sy slag in die diskus vir seuns o/19 gewys en ‘n 11de plek behaal.

• HPP se groentjie, Wilma Nel, het die skool trots in die diskus en gewigstoot vir meisies o/15 verteenwoordig en ‘n 15de plek in die gewigstoot verwerf.

HPP Skoolhoof, Casper Badenhorst, en Hoërskool Hans Strijdom Skoolhoof, George Klopper, wens elkeen van hierdie atlete geluk met hulle spogprestasies.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button