Tuks Mokopane swemmers in hul element in die water

Die volgende swemmers het medaljes verower tydens die Limpopo Shamu Sprint Gala verlede Saterdag.

MOKOPANE – Die swemmers van die Tuks Mokopane Swemklub het verlede Saterdag in Tzaneen tydens die Limpopo Shamu Sprint Gala die swemseisoen op ‘n hoë noot begin en spog prestasies verwerf.

Die volgende swemmers het medaljes verower:

Ruard Nel behaal ‘n eerste plek in die 50 m vryslag, borsslag en ‘n tweede plek in die 50 m vlinderslag.

Pieter Vogel het ‘n tweede plek in die 50 m borsslag losgeswem en Paul de Beer spog met ‘n tweede plek in die 25 m rugslag en ‘n derde plek in die 25 m vlinderslag.

Mighael Alberts raap ‘n string medaljes op vir sy tweede plek in die 50 m vryslag, derde plek in die 50 m borsslag, eerste plek in die 50 m rugslag en ‘n derde plek in die 50 m vlinderslag.

Carlia Nel behaal ‘n derde plek in die 50 m vryslag, ‘n eerste plek in die 50 m rugslag en ‘n tweede plek in die 50 m vlinderslag terwyl Karla Vogel met ‘n tweede plek in die individuele wisselslag (IM) pronk.

Carmi Schoeman palm vele medaljes in – ‘n derde plek die 25 m vryslag, ‘n eerste plek in die 25 m rugslag en ‘n derde plek in die 25 m borsslag.

Mornè van der Bank het ‘n tweede plek in die 50 m borsslag en ‘n eerste plek in die 50 m rugslag losgeswem terwyl Henro van der Walt ‘n derde plek in die 100 m IM, ‘n derde plek in die 25 m rugslag en ‘n tweede plek in die 25 m vlinderslag verwerf het.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
Exit mobile version