Sportman Amateur Posduifklub (SAP) kampione aangewys

29 trofeë is oorgehandig tydens die jaarlikse prysuitdeling van die Sportman Amateur Posduifklub (SAP).

MOKOPANE – Tydens die jaarlikse prysuitdeling van die Sportman Amateur Posduifklub (SAP) op die dorp, is 29 trofeë oorhandig.

Johan van Zyl, wat as klubkampioen aangewys is, het in totaal 625 punte ingesamel. Die naaswenner is Tiaan Marais met ‘n totaal van 619 punte.

Hulle is gevolg deur Barend van Biljon – 518, Fanie Viljoen – 383, Louis Rossouw – 357, Engelbrecht Hokke – 168, Hannes en WJ Bronkhorst – 22 en Van Rooyen Hokke – 11.

Die klub is deel van die Ysterberg Spesialiste Combine en het ook op streekbasis teen ‘n klub in Polokwane meegeding.

Van Zyl is met sy totaal van 1,617 punte ook as streekkampioen aangewys. Marais was tweede in die streek met 1,578 punte.

SAP het aan 36 vlugte deelgeneem. Die kortste afstand wat gevlieg is, was vanaf Kemptonpark oor 226 km.

Die klub se duiwe het aan vier langafstande deelgeneem: vanaf Colesberg oor 819 km, Britstown 896 km en twee vlugte vanaf Richmond oor 943 km.

Die klub se eerste vlug was op 23 Mei vanaf Kemptonpark en die laaste vlug van die jaar is op 26 September vanaf Springfontein oor 744 km gevlieg.

Die wenners van die verskillende trofeë is:

Johan van Zyl – wenner van die jongduifreeks, meeste punte in jaaroudreeks, duif met meeste punte in opereeks, hoogste gemiddelde spoed in mannetjie-en wyfiekampioenskappe, wenner van die Richmond 1 vlug, Derbywenner, wenner van die Keurvlug, wenner van wyfiekampioenskap, wenner van die nominasiekampioenskap, middelpadkampioen, wenner van die meeste klassieke vlugte, lid met die meeste punte in die combine en klubkampioen.

Tiaan Marais – lid met die meeste punte in die opereeks, jaaroudduif met die meeste punte, duif met algeheel die meeste punte, wenner van ‘n wedvlug oor 800 km of verder met die laagste wenspoed, wenner van die Colesbergvlug, wenner van die Richmond 2 vlug, wenner van die Britstownvlug, wenner van die jaaroudkampioenskap, wenner van die tweejaaroudkampioenskap, wenner van die enige ouderdomkampioenskap, kortpadkampioen en langpadkampioen.

Fanie Viljoen – wenner van die mannetjiekampioenskap.

Hannes Bronkhorst – positiefste nuweling.

WJ Bronkhorst – moedigste beginner.

Beste sportmangees – Jacques en Josef Stähnke en Bianca Goosen.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
Exit mobile version