‘n Voëltjie of twee om dié Proteastoeier by te staan

DAAR is verlede Saterdag op die Kameeldoring Gholfbaan stokke geswaai om Marie Oosthuizen, 'n belowende jong Proteastoeier, te help om geld in te samel om aanstaande jaar aan die Afrika stoeikampioenskappe te kan deelneem

DAAR is verlede Saterdag op die Kameeldoring Gholfbaan stokke geswaai om Marie Oosthuizen, ‘n belowende jong Proteastoeier, te help om geld in te samel om aanstaande jaar aan die Afrika stoeikampioenskappe te kan deelneem.

Antony Hawken en Jimmy van den Berg het koning gekraai met 53 punte en op hulle hakke was Wynand Labuschagne en John Davis met 52 punte. Kobus van Staden en Johan Niemandt het die derde plek met 51 punte opgeraap met Tony Hawken en Freddie van Wyk wat vierde klaargemaak het met 51 punte.

Oosthuizen bedank al die deelnemers en borge vir hulle ondersteuning en bydrae tot die sukses.

Die borge het ingesluit Autozone, Midas, Kevin Mining Supply, Casa Feliz, Mohamody’s Hardware, Heavy Metals, Best Electric, Nutra Paint, Limpopo Tyres, Meat City, Dros, Supreme Tyres.

 

 

 

 

 

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
Exit mobile version