Bosveld SportSport

Swem, beter, beste

ALTESAAM 28 swemmers van die Tuks Mokopane Swemklub het verlede Saterdag in Lephalale by die Mogol Swemklub tydens die Limpopo Tuks Sprint gala 86 medaljes verower

MOKOPANE – ALTESAAM 28 swemmers van die Tuks Mokopane Swemklub het verlede Saterdag in Lephalale by die Mogol Swemklub tydens die Limpopo Tuks Sprint gala 86 medaljes verower en Inneré Botha is as die algehele beste meisieswemmer met 100 punte gekroon.

Die swemmers, tussen die ouderdom van vyf en 14, het die Tuks Mokopane Swemklub met trots verteenwoordig teen 92 ander swemmers van klubs van Pretoria, Middelburg, Groblersdal, Marble Hall, Polokwane, Tzaneen en Lephalale.

Inneré het haar kragte behoorlik in die water saamgespan en verwerf nie slegs die gesogte titel as beste swemmer in haar ouderdomsgroep nie, maar word ook as die algehele beste meisieswemmer van die gala aangewys.

Sy vertel aan Bosveld dat sy omtrent kon swem voordat sy behoorlik kon loop en dat dit haar droom is om eendag ‘n professionele swemmer te word. Inneré sê haar afrigter Awie Hattingh, is haar rolmodel, want “wat hy sê is wet”. Awie sê hy is trots op al die swemmers en dit is ‘n riem onder die hart dat die swemklub so goed presteer.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button