Beeldtrofee: Hier kom Piet Pot!

DRIE van Hoërskool Piet Potgieter se rugbyspanne is deur na die kwarteindstryd in die gesogte Beeldtrofee.

MOKOPANE- DRIE van Hoërskool Piet Potgieter se rugbyspanne is deur na die kwarteindstryd in die gesogte Beeldtrofee.

Kierieklapperfeesgangers kan gerus Saterdag ‘n draai op die B-veld van die skool maak waar die eerstes, o/15- en o/ 14-spanne hul harte gaan uitspeel in dié skolekrugby-kampioenskappe.

Die eerstes het verlede Saterdag hier op hul tuisveld met 48-29 geseëvier teen Penryn College, terwyl die o/15-span vir Hoërskool Bergvlam pak gegee het met ‘n prag eindtelling van 53-0. As naaswenners in die Limpopo finaal vir mediumskole was dié wedstryde teen die twee skole van Nelspruit bepalend om in die kwarteindstryd van die Beeldtrofee te kan meeding.

Hierby foto’s van die o/15’s se wedstryd soos gesien deur die kamaralens van Ockert van der Westhuizen.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
Exit mobile version