Bosveld SportSport

Jong CVO-ruiter draf voor in dié strawwe uithourit

'N JONG ruiter van die Potgietersrus CVO Skool het haar kragte, uithouvermoë en goeie oordeel behoorlik gewys tydens die Fauresmith Nasionale Uithourit-kampioenskappe.

MOKOPANE – ‘N JONG ruiter van die Potgietersrus CVO Skool het haar kragte, uithouvermoë en goeie oordeel behoorlik gewys tydens die Fauresmith Nasionale Uithourit-kampioenskappe wat van 7 tot 9 Julie op Fauresmith gehou is. Leoné de Kok (13), ‘n gr. 7-leerder, het oor drie moeilike en lang dae sowat 201 km op haar perd, Nardien Shakira, se rug afgelê in dié kampioenskappe wat as een van die moeilikste uithouritte in die wêreld beskou word.

Sy is een van baie min jong ruiters wat dit reg gekry het om die Fauresmith uithourit te voltooi en die afdeling vir jong ruiters te wen in ‘n tyd van agt uur en 26 min.

Bo en behalwe dat sy die rit in die kortste tydsgleuf in haar afdeling voltooi het, is Leoné ook deur die Endurance Ride Association of South Africa aangewys as Suid-Afrika se jong ruiter van die jaar.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button