Nóú maak of breek wedstryde vir HPP se rugbyspanne

HOËRSKOOL Piet Potgieter (HPP) se eersterugbyspan, asook die o/15-span is oorgehaal om Saterdag aan die uitspeelrondte van die Beeldtrofee deel te neem wat bepalend gaan wees of hulle verder deurdring in dié gesogte skolerugbykampioenskappe.

MOKOPANE – HOËRSKOOL Piet Potgieter (HPP) se eersterugbyspan, asook die o/15-span is oorgehaal om Saterdag aan die uitspeelrondte van die Beeldtrofee deel te neem wat bepalend gaan wees of hulle verder deurdring in dié gesogte skolerugbykampioenskappe.

Dié twee spanne was verlede Saterdag naaswenners in die Limpopo-finaal vir mediumskole en gaan onderskeidelik te staan kom teen Penryn College en Hoërskool Bergvlam van Mbombela.

Die wedstryde word op HPP se velde gespeel.

Hoewel swak skopwerk pale toe en onnodige foute gekeer het dat HPP se eersterugbyspan en o/15-span verlede Saterdag die knoop kon deurhaak in hul wedstryde by Hoërskool Tom Naudé in Polokwane vir die Limpopo-finaal, is die spanne slaggereed om als in te sit vir die Beeldtrofee-kragmeting.

Die eerstespan het in die Limpopo-finaal met 12-26 teen Hoërskool Ben Viljoen van Groblersdal verloor en die o/15-span het teen Hoërskool Ellisras van Lephalale verloor met die eindtelling op 12-16.

Die gemeenskap word uitgenooi om Saterdagoggend om 10:00 die twee spanne wat vanjaar goeie hardlooprugby speel, te kom ondersteun.

Hierby foto’s van die eerstespan in aksie tydens die Limpopo finaal in Polokwane.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version